Die voormalige Springbok-rugbyspeler Naas Botha het ’n klein rol in die nuwe Afrikaanse musiekfilm As jy sing. SARIE.com het met (’n siek) Naas op die rooi tapyt by die bekendstelling van dié fliek gepraat.

Naas het verkoue en al vir dié glansgeleentheid opgedaag (kyk hier na die première-foto's). Hy speel ’n klein rol in dié fliek, maar sy teenwoordigheid in die fliek (’n sportmal-groepie dra ’n lewensgroot plakkaat van hom oral rond) skep die spanning tussen kultuur en sport.

Naas Botha en sy vrou Karin en hul dogter Kyla by die première van 'As jy sing' FOTO: Phyllis Green Naas Botha en sy vrou Karin en hul dogter Kyla by die première van 'As jy sing' FOTO: Phyllis Green

SARIE.com gesels met Naas oor sy rol en sy opinie oor die sport-kultuur-balans. En wie sou kon raai dié sportman is ’n groot fliekvlooi!

Kyk hier na die onderhoud: