Dêm rof, maar opwindend, is hoe Steve Hofmeyr die 50 jaar beskryf. Hiermee sal vriend en vyand saamstem, want dis een ding van Steve: hy sorg vir opwinding. Hy wéét hoe om te stir. Hoe om emosies te raak en by tye te laat oorkook. Met sy musiek, sy woorde, sy soms aanvegbare menings. In ’n eksklusiewe SARIE-onderhoud het Elmari Rautenbach Steve uitgevra oor sy keuses, ook oor ouer word en spyt. En hoekom sy kompas, ondanks ’n nou gelukkige persoonlike lewe, steeds noord wys – na dêm rof . . . Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het vanjaar sy groot 50ste verjaarsdag gevier en in ons November-uitgawe praat hy eksklusief oor ouderdom, Die Stem, sy oorlede pa en sy vrou, Janine, wat "surrogaat-ma" vir sy 5 kinders is. November 2014 andrea streso nov Lees dié uitgawe op jou rekenaar, tablet of slimfoon. Kry dit hier: http://bit.ly/1yaGseT

50 is nie spogtyd nie. Te laat daarvoor. 50 is dankiesê-tyd

- Steve in die voorwoord van sy boek Steve Hofmeyr 50

In dié agter-die-skerms-video gesels Steve oor grys hare en highlights, omstredenheid én sy hoogtepunte ...

Koop die November-uitgawe en vind uit hoe om in te skryf

Steve wen november 2014

Nóg in ons November uitgawe

  • Steve se eksklusiewe indiepte-gesprek (Moenie dít misloop nie!)
  • Nataniël & sy broer kóók saam - en joernalis Lydia van der Merwe het dié humoristiese duo se gesprek neergepen.
  • Jy's bedruk, het ’n magie, is seksflou. Kan testosteroon jou oplossing wees?
  • Pragtige Andrea Streso van 7de Laan: "Nou voel ek uiteindelik goed genoeg"
  • Ons kuier in adv. Thuli Madonsela se kantoor - jy sal nie glo hoe vroeg sy in die oggend op is nie!
  • Moderedakteur Amaria Carstens wys ons hoe om denim vir enige geleentheid te dra, skoonheidsredakteur Charis Labuschagne help ons om ons vel in die son te beskerm, kosredakteur Herman Lensing maak kos met bessies en die dekorspan wys jou hoe om ’n klein vertrek ruim te maak!
  • Kry jou NOVEMBER-uitgawe HIER.