Sy't geleer daar's 'n tyd om vir jouself te veg en 'n tyd om terug te staan. Nou belê Nádine in haarself om dinge te laat gebeur.

"... ons almal verdien geluk. Die moeilike en seer dinge in ons lewe is só swaar, ons móét die goeie dinge omhels. Niemand gaan aan jou deur kom klop en jou drome waar maak nie." (Nádine)