“Jy is meer werd as wat mense van jou dink, wees net jouself – 110%.”

Dís wat Liebné Liebenberg, Top-10-finalis in SARIE Voorbladgesig 2019, tydens die kompetisie geleer het. “Jy lewe net een keer, doen wat jou gelukkig maak en gaan voluit daarvoor.”

Sy was nog altyd lief vir mooi aantrek en daarom was die voorbladfotosessie ’n hoogtepunt. 

“Dit was so lekker om net myself voor daardie kamera te kon wees. Ek het soos ’n prinses gevoel.” 

Michélle van Breda stel FOTO Willem Lourens

En ja, hulle is behoorlik bederf, verklap sy. “Dit het gevoel of jy die lewe van ’n koninklike leef.”

Haar gunsteling-parfuum van Jimmy Choo? “Jimmy Choo L’Eau EDT, ’n sagte en elegante geur.”

Sy is gebore en getoë op Bethlehem, waar sy tans saam met haar ouers en driejarige seuntjie woon. Haar droomwerk is om ’n onderwyser te wees en oorsee skool te gee. 

Liebné saam met haar ma. FOTO Willem Lourens

“Ek hoop dat ek ander meisies met my storie kon aanraak, veral jong meisies wat deur dieselfde as ek gaan of gegaan het. Hulle moet weet die lewe begin nou eers vir jou, al voel dit dalk soos die einde.”

En sy wil ander vroue motiveer. “Om ook ’n kans te vat soos ek.”


SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle