En nou kan jy ook op Vrydag 17 September in 'n Juanita-musiekvideo speel. Klik hier vir meer inligting en merk die datum in jou dagboek as jy naby Pretoria is.

In haar eie woorde lui die uitnodiging: "Oukei, ons maak 'n musiekvideo van 'Wit vlag' en julle is almal genooi! Video word in Pretoria-omgewing geskiet. Kom wees deel van die crowd! Almal kry wit vlaggies en as julle baie gees het, dan sing ek dalk nog 'n paar liedjies ekstra! Jammer vir dié wat ver bly."

Intussen kan jy van jou laat hoor en sê wat dink jy van "Jou volla".

Sluit ook aan by Juanita se Facebook-groep om op hoogte bly as jy nog nie het nie.