Vandag is die sanger ’n ambassadeur vir dié hawe, waar klein Elvis sy laaste dae deurgebring het.

“As jy liefdadigheidswerk doen, dink jy altyd jy verander mense se lewe. Dis waar, ja, maar ek’t besef die kinders verander ook my lewe elke keer as ek daar is. Wanneer ek saam met die kinders lag, weet ek my skedule is nie die belangrikste ding in my lewe nie. Wanneer ek by die armes kuier, besef ek wat ek het, en dan’s ek dankbaar. En wanneer ek by siek mense is, raak
ek bewus van my eie sterflikheid. Ek glo God gebruik ons omgee vir ander om ons te transformeer, en om ons meer soos Hy te maak.”

* Angelique Gerber (Clara van 7de Laan) se liefdadigheidswerk is een van die groot liefdes in haar lewe.