M-Net se kanaalhoof, Pierre Cloete, het gesê dis te danke aan die groot sukses van Survivor South Africa: Santa Carolina dat daar besluit is om dié nuwe reeks te skiet.

Nico Panagio is weer die aanbieder, maar daar is 'n kinkel in die kabel... As jy vanjaar wil deelneem gaan jy eers 'n paar beoordelaars moet oortuig.

Afgesien daarvan moet jy 'n goeie swemmer en ouer as 21 wees, geestelik en liggaamlik gesond en fiks wees en 'n geldige paspoort in jou besit hê. Onthou om 25 Julie om 17h30 op M-Net in te skakel vir meer inligting oor die inskrywings, of besoek www.mnet.co.za.

Die wenner stap weg met R1 miljoen.