Dié aantreklike Natalse suikerriet-boer Pierre de Charmoy was in die jare tagtig 'n topverkoper met sy heserige stem. Hy was beslis toe een van die mees gesogste vrygeselle in Suid-Afrika. Maar toe verlaat hy die musiekwêreld skielik en vir jare het almal gewonder wat van hom geword het.

Ons het hom in Umhali in KwaZulu-Natal opgespoor. Steeds 'n stil man van min woorde!

Jy was so gewild, hoekom het jy uit die kollig getree?
Ek het gevoel dit is tyd vir 'n verandering. My ander passie was om met suikerriet te gaan boer.

Jy was in 'n stadium in die jare tagtig een van ons top- manlike sangers?
Ja, vir 'n kort tydjie.

Wat het jy gedoen direk na jy die musiekbedryf verlaat het?
Ek het 'n tyd lank eiendomme ontwikkel en daarna begin boer.

Wat was jou gewildste albums?
Ovation Reaching Out
, Emotions, Let My Music Touch You, Positive, Greatest Hits, Attitude, Déjà-vu en Hear Me Now.

Vertel ons van jou gesin?
Ek en my vrou, Karen, het twee seuns, Christian (14) en Philip (11).

Christian se 14de verjaardag

Waar woon julle nou?
Umhali aan die Noordkus van KwaZulu-Natal.

Tree jy nog op?
Ja, maar net plaaslik.

Vertel van die positiewe en negatiewe sy van die musiekbedryf.
Ek het goeie herinneringe van 'n droom wat ek uitgeleef het, maar mense kan jou verkeerd opsom.

Jy was eens 'n hartebreker, hoe het jy die aandag hanteer?
Ek is 'n stil ou, so ek het dit nie goed hanteer nie.

Nou hoe het Karen jou hart verower?
Met haar humor, skoonheid en plat op die aarde houding.

Wat gee jou lewensvreugde?
Om te boer leer jou om nederig te wees. Dit leer jou om die natuur in al sy vorme te waardeer.