Vyf dinge wat jy nie van Zelda geweet het nie

1.       Ek’s nie ’n oggend-mens nie.

2.        Ek kan glad nie ruik nie, al van die ouderdom van 12 jaar.

3.       Ek staan elke oggend om 04:10 op, so moenie my laat in die aand bel nie asseblief.

4.        Ek gee nie om waarin ander mense glo en wat hulle doen nie, solank hulle nie hul geloof en gewoontes op my probeer afdwing nie.

5.       Ek is ’n uiters sensitiewe mens en kry maklik seer, al kom dit voor of ek ’n sterk persoonlikheid het en van nature hard is.

Zelda se gunstelinge

KOS Enigiets wat my ma of Madiba se kok voorberei.

DRANKIE Johnny Walker Black Label-whisky en sodawater.

LAND Maldives

BOEK The Monk who sold his Ferrari van Robin S. Sharma

FLIEK Adaptation en The Shawshank Redemption

MOTORFIETS BMW 800GS natuurlik!

OOMBLIK IN DIE FLIEK, INVICTUS Toe die rugbyspelers die kinders in die township leer rugby speel.

 

 ‘Madiba het my geleer die kortpad is nooit die regte pad nie’ - Zelda

 

Zelda, Matt Damon en Lori McCreary, een van die vervaar-digers van Invictus,
saam met Grant Roberts (links) en Zak Feaunati (regs) in Johannesburg.
Grant en Zak het ook in die fliek gespeel. 

Zelda, Matt Damon en Lori McCreary

Lees die onderhoud met Zelda la Grange in die April-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 8 Maart te kry.