"Jy kan deur die wêreld reis en al die wonders ontdek, maar die eiesoortige herinnering van 'n geur, die koesterende smaak van 'n maaltyd of 'n oomblik saam met vriende en 'n glasie wyn - dít bring jou elke keer huis toe," sê Chris Weylandt, ontwerp-ghoeroe en stigter van Weylandts Homestores, wat pas sy eerste wyn-etiket bekend gestel het – Maison. Dit beteken heel gepas die Franse woord vir "huis". In 2007 het Chris wynmaker Antwan Bondesio genader om 'n reeks wyne van sy Franschhoek-wingerde te maak. Dié droom is nou bewaarheid met die bekendstelling van die eerste wyn, 'n beperkte reeks Maison Chenin Blanc. Met hierdie wyn word sy besondere aandag aan detail en organiese ontwerp-filosofie gekombineer. Vir bestellings, besoek www.maisonestate.co.za.