Ons ken hom al lank as sanger, akteur en aanbieder, maar deesdae is daar ook ’n ander sy van hom wat onder ons aandag kom: sy talent vir fotografie. Willem Botha is vinnig besig om homself as een van die gewildste portretfotograwe in die land te vestig.

Ons wou by hom hoor wat sy uitstaan-foto’s die afgelope jaar was. Hy deel sy top-6.

7. Sean van Noordwyk, vir Getroud met Rugby se 2019-kalender

Ek het nie tot dusver baie bekende mans afgeneem nie en dit was lekker om die limit te push. Sean is besonders goed gebou.

Willem Botha deel sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir Getroud met Rugby

7. Marlee van der Merwe vir Getroud met Rugby se 2019-kalender, Huisgenoot

Ons was saam in die fliek Liefling. Sy het daai stoute kyk in haar oë en werk soos ’n droom voor die kamera – ek druk net die knoppie.

FOTO Willem Botha vir Getroud met Rugby

5. CO Productions-kunstenaars, vir hul 2019-kalender

Elke jaar doen CO Productions, my agentskap, ’n tema-kalenderfoto en vanjaar vier hulle 20 jaar se bestaan. Ek skiet elke persoon in die foto individueel en ná die tyd sit ons almal bymekaar. Dis een van my lekkerste projekte en ek het ook die hare, grimering en stilering gedoen.

Willem Botha kies sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir CO Productions

4. Riana Nel, vir die Afrikaans is Groot-2018-kalender

Afrikaans is Groot het ’n kalender tydens hul 2018-konsertreeks uitgebring. Dié foto is daarvoor geneem. Riana weet presies wat sy wil hê. Dit was lekker om haar beter te leer ken.

Willem Botha kies sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir Afrikaans Is Groot

3. Tarryn Lamb, vir Coleske Artists

Ek is nog altyd ’n massiewe fan van Tarryn Lamb. Dié foto is geneem op dieselfde dag as wat die musiekvideo en album-cover vir die liedjie “Mal Oor Jou” geskiet is.

Willem Botha kies sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir Coleske Artists

2. Steve Hofmeyr, vir Afrikaans is Groot

By verre die maklikste mens met wie ek al ooit gewerk het. Ons het die foto in rekordtyd backstage geneem en die mooiste foto’s gekry.

Willem Botha kies sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir Afrikaans Is Groot

1. Franja du Plessis, vir Coleske Artists

Dié foto is vir haar album-cover geneem. Sy is een van die heel mooiste mense in die land.

Willem Botha kies sy top-foto's
FOTO Willem Botha vir Coleske Artists