Die 20-jarige blondekop Xandrie Oosthuizen was nog tot onlangs heeltyds model op Stellenbosch. Nou is die SARIE Voorbladgesig-finalis reg om haar studies by Tukkies in Pretoria aan te pak.

Maar dis nie al nie!

Sy gaan ook deeltyds ’n dramakursus volg. “En ek hoop op sukses met die klerereeks wat ek onlangs begin het.”

Xandrie het kleintyd ’n belangrike les geleer by haar ouma, wat volgende jaar 80 word: “Ouderdom is net ’n getal. Ek het die geleentheid aangegryp en een van my drome bewaarheid toe ek die Top-10 in die kompetisie gehaal het.”

Haar hoogtepunt was die fotosessie met Fanie Cronjé, SARIE-stylredakteur, en top-fotograaf Leana CR. “Ek het so gemaklik voor die kamera gevoel, want die SARIE-span was uiters professioneel en het hul werk met passie aangepak.”

Haar raad vir toekomstige deelnemers? “Daag altyd betyds op en geniet elke oomblik! Hulle [SARIE] sorg dat jy mooi lyk en goed voel voor die kamera.”

Sy was in haar noppies toe sy hoor die gala-aand vind in Kaapstad plaas. “Die Kaap is vir my een van die mooiste stede in die wêreld. Ons was baie bevoorreg om in die luukse Onyx-hotel te kon bly.”

En wat was in die geskenkpak wat elke finalis ontvang het? “Sjoe, wat ’n lekker bederf! INOAR se sjampoe en opknapper, al die SARIE-tydskrifte waarin ons verskyn, ’n Jimmy Choo-parfuum, lyfolie van die Isa Carstens Akademie, Kalahari-velsorgprodukte en ons SARIE-foto – wat natuurlik geraam is en teen my muur hang.”

Koop die Oktober-uitgawe van SARIE, nóú landwyd op die winkelrakke. Saam met dié uitgawe bederf ons SARIE Voorbladgesig-borge jou behoorlik met geskenkbewyse.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle