Dit gaan oor ’n Joods-Italiaanse gesin in ’n Nazi-konsentrasiekamp. Die 4-jarige Giosué se pa, Guido (Roberto Benigni, in middel op foto regs bo), beskerm hom teen die harde werklikheid van oorlog deur te maak of als net ’n speletjie is.

Daar is soveel teerheid en humor dat jy ingetrek word by hul fantasiewêreld, wat die ontknoping soveel meer aangrypend maak. Die oneindige liefde van ’n ouer vir ’n kind, en die onstuitbaarheid van sy pogings om sy kind se onskuld en sin vir bewondering te bewaar, is betowerend.

WATTER FLIEK HET JOU DIE MEESTE GERAAK?