In 2017 het die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Dawie de Jager deelgeneem aan The Voice. Toe het Suid-Afrikaanse gehore weereens besef dat dié man het 'n stem!

Dawie en sy tokkelende kitaar was verantwoordelik vir die klankbaan van Donnalee Roberts en Ivan Botha se derde fliek Stroomop (nou in teaters!). Dís tydens hierdie proses waar die inspirasie vir sy nuwe enkelsnit 'Stroomop my mens' vandaan gekom het. 

"Stroomop my meisie, stroomop my kind. Jy sal eers stroomop moet swem as jy jouself weer wil vind..." sing Dawie en die sangeres, Janie Bay, in pragtige liedjie. 

Janie en haar deurnisvolle stem is ook deur die loop van Stroomop gehoor.

Luister die pragtige lied hier:

Dawie was ook die kreatiewe komponis van rolprente soos Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan en Verraaiers.

Het jy al Stroomop gekyk?