Die Amerikaanse akteur en komediant Eddie Murphy is nou die trotse pa van 10 kinders.

Sy verloofde, Paige Butcher, het die lewe aan 'n seuntjie, Max Charles, geskenk. Die paartjie het ook 'n tweejarige dogtertjie, Izzy.

Eddie se oudste, Eric, is 29. Sy ander kinders is Christian (28), Bria (28), Miles (25), Shayne Audra (23), Zola Ivy (18), Bella (16) en Angel (11). 

Eddie Murphy, sy verloofde, Paige Butcher, en sy 10 kinders. FOTO Getty Images/ Gallo Images

Die nuweling se tweede naam is ter ere van sy pa se oudste broer, Charlie, wat in 2017 sy stryd met kanker verloor het.