Net toe ons gedink het daar kan nie nóg swangerskapnuus wees nie, het Blake Lively haar nuus met die wêreld gedeel. Sy en Ryan Reynolds (38) is swanger met hul eersteling.

Die 27-jarige aktrise het die nuus op haar webwerf, Preserve.us, gedeel toe sy ’n foto van haar baba-maag gepubliseer het. Blake het ook al in die verlede gesê hoe belangrik haar familie vir haar is en dat sy ’n groot gesin wil hê.

FOTO:  Preserve FOTO: Preserve

Blake Lively en Ryan Renolds het mekaar in 2010 op die stel van die aksiefilm The Green Lantern ontmoet en hulle is die jaar daarna getroud. Dit is albei se eersteling.

blake-lively-ryan-reynoldsBron: Daily Mail

Lees ook