Die gesaghebbende tydskrif Forbes het Bonang Matheba nie verniet gelys as een van 13 bekendes uit Afrika wat dié jaar dopgehou moet word nie. Revlon Suid-Afrika het dié gewilde Top Billing-aanbieder en platejoggie by YFM gister as hul heel eerste plaaslike handelsmerk-ambassadeur aangekondig!

Glansryke Bonang is als wat Revlon in hul ambassadeur gesoek het.

“Ek is ’n gelukkige meisie... só geseënd,” het sy getwiet.

Met meer as 400 000 volgelinge op Twitter meen Revlon dié skoonheid is die verwesenliking van als waarvoor hulle staan. In een woord – glansryk!

Bonang volg in die spore van Audrey Hepburn, Halle Berry en Oprah Winfrey as ambassadeur van Revlon.Top Billing en YFM se Bonang Matheba is nou Revlon se eerste plaaslike ambassadeur!

“Ons het lank gesoek na ’n beeldskone, plaaslike bekende wat ons pragtige, jong Suid-Afrikaanse vroue sal inspireer om elke oomblik op hul beste te lyk. Bonang was die perfekte keuse,” sê Pumza Payi, bemarkingsdirekteur van Revlon Suid-Afrika.

Gaan volg Bonang op Twitter by @Bonang_M