Die komediant en sanger Emo Adams, wat in vanjaar se top-40 van SARIE se Mooiste Mans in SA was, gaan 'n vierde keer pa word.

Emo en sy pragtige vrou, die sakevrou Michelle Gildenhuys, wat onlangs die nuus van haar vierde swangerskap gedeel het, is reeds die trotse ouers van drie seuns, James, Kadar en Ziah. 

FOTO Instagram/ Michelle Gildenhuys
FOTO Instagram/ Michelle Gildenhuys
FOTO Instagram/ Michelle Gildenhuys

Vanoggend het hulle die geslag van hul vierde baba bekend gemaak. Dis weer 'n seuntjie!

Michelle bly dus die hen onder die hane. 

FOTO Instagram/ Michelle Gildenhuys
FOTO Instagram/ Michelle Gildenhuys