Courteney Cox se verloofde, Johnny McDaid, het die Spider-Man-akteur Tobey Maguire se vrou genader om haar verloofring te ontwerp, berig Us Weekly. Jennifer Meyer, Tobey se vrou, is ’n juweliersontwerper en het dié foto van die Cougar Town-aktrise se nuwe ring op haar Instagram-profiel gedeel. “I guess he liked it so he put a Jennifer Meyer ring on it!! Xo #Johnny ?Courteney #jennifermeyer#engagementring,” het sy by dié foto geskryf.

KLIK HIER vir ’n groter foto van haar ring

Courteney se verloofde is deel van die gewilde sanggroep Snow Patrol en het die groot vraag gevra terwyl hulle met vakansie was vir Courteney se 50ste verjaardag.

Een van Courteney se vriendinne het aan Us Weekly vertel dat Johnny glo aan haar gesê het dat hy die res van sy lewe saam met haar wil deurbring - ongeag of hulle gaan trou of nie.

Courteney en Johnny is al vir sowat 7 sewe maande ’n paartjie en het die goeie nuus op 26 Junie met hul aanhangers op Twitter gedeel.

Volgens Us Weekly beplan dié paartjie ’n klein, intieme troue, wat “binnekort” in Birmingham in Alabama sal plaasvind sodat Courteney se bejaarde ma, wat daar bly, ook daar kan wees.

Bron: Us Weekly