Bekende model Kate Moss (40) is dié Oktober te sien in ’n unieke bemarkingsveldtog vir borskanker-bewustheidsmaand.

In dié veldtog verskyn Kate in 'n reeks pienk onderklere deur ontwerper Stella McCartney. Maar wat eintlik die oog vang is die strategiese pienk strikkie...

In die foto's dra Kate die Gemma Relaxing-reeks in neon pienk, met ’n strikkie op haar bors. Dié spesiale onderklere-reeks gaan gedurende Oktober op Stella se webwerf verkoop word om fondse in te samel vir borskanker.  1412170498849_wps_62_Stella_McCartney_has_unve FOTO: Stella McCartney/Daily Mail Stella en Kate is nie die enigstes wat hulle besig met borskanker-veldtogte nie, hier's nóg 2 wat aandag getrek het:

NY gaan pienk!

Op 1 Oktober 2014 was die Empire State-gebou in New York gehul in pienk. Die skoonheidshuis Estée Lauder het vanjaar hul borskankerveldtog met dié vertoning van lig in die wêreld se bekendste stad afgeskop.

'n Voorskoot soos Nigella s'n

Nigella Lawson het ’n pienk voorskoot ontwerp wat verkoop sal word ten bate van 'n borskanker-organisie met die naam van Breast Cancer Care. Só berig Unique and Unity.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Unique and Unity

Bron: The Daily Mail , Unique and Unity