Anna-Mart van der Merwe was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad. En altyd het sy gegéé voor die kamera. Sy is beeldskoon, ja. Maar daar is soveel meer aan Anna-Mart. En dis waarom SARIE-lesers nie genoeg van haar kan kry nie.


Sy is ’n veelsydige voorbladgesig en ’n veelsydige aktrise. Van die hoofrol in rolprent Klara Viljee, die sepiester Christelle in 7de Laan na die ontroerende rol van Clara Brand in Dis koue kos, skat


Reis saam met haar deur die jare:


22 Januarie 1992


Die “blinknuwe ster” Anna-Mart praat met Michelle van Breda oor haar veeleisende rol as Klara Viljee in die rolprent Die storie van Klara Viljee. Anna-Mart deel ook haar skoonheids- en gesondheidswenke.


Foto’s: David Dodds


20 Julie 1994


Anna-Mart is pas te sien in die TV-reeks Torings en sy wen ’n Artes vir haar spel in Sonkring II. Sy gesels met Marina Moller oor haar kinderjare op Vredendal en die uitdagende akteursbedryf. “Is jy bang jy is ’n verskietende ster?” vra Marina. “Die hele bedryf is maar verskietend,” antwoord Anna-Mart. “Daar is werklik nie ’n bepaalde ritme in die Suid-Afrikaanse rolprent- en teaterbedryf nie. Maar ek het al geleer om nie paniekerig te raak nie.”


Foto’s: Nardus Nel


22 September 1999


Anna-Mart speel Soph in die verhoogdrama Op soek na Generaal Mannetjies Mentz. Sy gesels met Michelle van Breda oor die lewe se vreugdes en teleurstellings: “My hele wêreld stort nie meer ineen nie. Nou weet ek dis tyd om die pantoffels aan te trek, die antwoordmasjien aan te sit en rustig die dinge te bekyk. En dikwels sal ek sien, ek was al hier – ek herken die situasie. En dit help, die feite dat jy iets daarin herken. Met die ouer raak is dit ook makliker om te sê: Ek koop nie in in hierdie situasie nie. Ek gaan my nie laat onderkry nie. Ek stap aan …”


Foto’s: Links: Nick Boulton. Regs: David Dodds


5 September 2001


Foto’s: David Dodds


Januarie 2004 


Met ’n ‘funky’ nuwe haarstyl is Anna-Mart van der Merwe slaggereed vir die lewe ná veertig. Sy groet ook na vier jaar haar rol as Christelle Terblanche in 7de Laan


Foto’s: Leana Clunies-Ross


November 2004


Foto’s: Leana Clunies-Ross


April 2006


“Dit, vermoed ek, is die ding van Anna-Mart, die duiselingwekkend deursigtige mens met die hardnekkige misterie. Sy het baie om te gee, baie om te leer (soos in learn én teach), baie om te doen en te deel. Maar Anna-Mart bewys nie. Anna-Mart is …” – Lynette Retief


Foto’s: Leana Clunies-Ross


Augustus 2007


Anna-Mart gesels met haar vriendin en mede-akteur Henriëtta Gryffenberg. Patricia Lewis vra ook: “Dis moeilik om bo uit te kom,maar nog moeiliker om daar te bly. Hoe bly jy stééds op die kruin?” Anna-Mart antwoord: “Ek weet nie so mooi van “kruin” nie. Dit voel vir my maar na ’n konstante proses van oor-berge-en-deur-dale. Doodgewone harde werk hou ’n mens gefokus en help seker vir ’n mate van kontinuïteit in jou loopbaan.”


Foto’s: Leana Clunies-Ross


Augustus 2009


Toe SARIE moes besluit wie op dié uitgawe se voorblad gaan pryk, was Anna-Mart die natuurlike keuse. Ons Augustus-uitgawe is spesiaal, want die straatdatum is 6 Julie 2009 , op die dag presies sestig jaar nadat die eerste SARIE verskyn het.


Foto’s: Clinton Lubbe


Maart 2010


Anna-Mart speel in SARIE se "musiekshow", Afri-Frans.

FOTO'S: Leana Clunies-Ross


Desember 2012

Anna-Mart speel in kykNET se Die Boland Moorde. Die fotograaf Leana Clunies-Ross sê: “Haar skoonheid weerspieël haar intellek. Sy het siel, grasie, talent en kmalmte. En bowenal ’n skerp, speelse humorsin en ’n akute persepsie van die lewe wat jy in haar oë kan sien.”

Foto's: Leana Clunies-Ross


September 2015


Anna-Mart gesels met Marita van der Vyver oor haar rol as Clara Brand in die rolprent Dis koue kos, skat. Die rolprent is gebasseer op Marita se gelyknamige roman. 


Foto’s: Morné van Zyl

Watter voorblad was jou gunsteling gewees?