Is dié verhouding nou uiteindelik bevestig? Die media bespiegel al lank dat Joe Jonas, die DNCE-groepslid, en die Game of Thrones-aktrise Sophie Turner ’n paartjie is. Die twee het al weer saam verskyn, maar is hulle ’n paartjie? Hoewel Joe en die aktrise, beter bekend as haar karakter Sansa Stark, die afgelope paar weke baie saam gesien word, het nie een van hulle nog die gerugte bevestig nie. Die twee is gister saam gesien waar hulle in Los Angeles gaan stap het, berig Just Jared.

Maar dit is nie al nie! Joe en Sophie het onlangs saam hul vriende se troue bygewoon, berig TeenVogue. Joe se broer en voormalige groepslid van Jonas Brothers, Nick Jonas, het dieselfde troue bygewoon.
A photo posted by Nick Jonas (@nickjonas) on

A photo posted by Marissa Machado (@mnmachado) on
Volgens Vanity Fair het Jonas onlangs op die televisieprogram Live With Kelly gesê dat hy die naweek van Thanksgiving gaan ski. En kyk net wie het daardie einste naweek op sosiale media ’n foto gelaai van haarself in ’n ski-kostuum!
A photo posted by Sophie Turner (@sophiet) on

Wat dink jy? Is die twee ’n paartjie?

Lees nou

Is Tracey Lange verloof?

Lady Gaga: “Ek mis mense …”

Bekendes wys hul plooie en merke