Die kleindogter van die Hollywood-ikoon prinses Grace Kelly is glo swanger. Charlotte Casiraghi, prinses Caroline se dogter, het onlangs verloof geraak aan Dimitri Rassam. Sy was onlangs by 'n glansgeleentheid met 'n diamantring gewaar.

FOTO Instagram / @royaladdicted

Charlotte en Dimitri se verhouding het verlede jaar begin. Volgens Daily Mail verwag Charlotte glo hul eersteling. Die koninklike gesin het nog nie die nuus bevestig nie. 

Albei het reeds 'n kind uit vorige verhoudings. Charlotte se seun, Raphaël, is vier jaar oud.