Aktrise Nicole Kidman is reeds die trotse ma van vier kinders. Maar sy het onlangs in ’n onderhoud gesê sy sal graag nóg ’n kind wil hê.

Nicole Kidman het onlangs op die Australiese radiostasie KIIS 1065 gesê sy en haar man, die sanger Keith Urban, sal baie graag nóg ’n kind wil hê, maar op haar ouderdom sal dit "seker nie moontlik" wees nie.

Toe die radio-omroeper Jackie O vir haar sê dat ’n bekende Australiese TV-aanbieder, Sonia Kruger, op 49 swanger is, het Nicole gesê: "My ouma het haar laaste baba op 49 gehad, so jy weet nooit nie!"

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die aktrise het in die verlede gesukkel om swanger te word, ’n miskraam gehad én ’n ektopiese (buite-baarmoederlike) swangerskap. Sy het 2 aangenome kinders saam met Tom Cruise, met wie sy 11 jaar lank getroud was - Connor (21) en Isabella (19). Nicole en Keith is die biologiese ouers van twee dogters, Sunday Rose (6) en Faith Margaret (3). Faith is deur ’n surrogaat in die wêreld gebring.

Isabella en Connor  FOTO: Instagram Connor en Isabella
FOTO: Instagram

Bron: KIIS 1065 en Daily Mail

Lees nog: