Vir jare het die Britse supersjef Jamie Oliver die titel van Naked Chef gedra. Maar niemand het hom ooit in sy geboortepakkie sien kook nie, daarom is hy onlangs onttroon deur die Peruviaanse sjef Franco Noriega, wat homself nou dié titel toeëien.

In ’n onlangse onderhoud met the Telegraph vertel Franco hy weet nie wie Jamie Oliver is nie: "Kook hy ook kaal? Nee? Wel, dan is ek die enigste een wat die titel mag dra!" #LOL

Franco is ’n model wat in New York woon en ’n groot liefde vir kos het. Hy het dus besluit om sy lyf in te span en gee weeklikse kookklasse - kaal, natuurlik! Hou vas aan jou stoel, want sy kos lyk net so lekker soos hy ...

Hy het onlangs vir ’n jaar by die New York International Culinary Centre gaan studeer voordat hy sy modelloopbaan vir die kombuis verruil het.

Hoekom lyk hy so goed? Franco is ’n swemmer wat in 2004 vir die Olimpiese Spele in Athene gekwalifiseer het, maar hy het kort voor die Spele ’n besering opgedoen en kon toe nie deelnaam nie.

Hy was al te sien in veldtogte vir modehuise soos Dolce & Gabbana, Burberry en Calvin Klein.

112185005__franconoriega-xlarge_trans++Imq0gSBkzcH_-jHFXstKOOPHi_e1tpOIk75CAYQiDp0 FOTO Instagram / franconorhal

Maar Franco kan vir seker kook en bedryf deesdae drie suksesvolle Peruviaanse restaurante in New York. As jy aansit by Babybrasa, kan jy eenvoudige kos soos avokado-roosterbrood, geroosterde hoender en graanslaai verwag. Alles baie vars, lig en gesond.

Full video on our Facebook We'll be posting recipes by @franconorhal that are #toolongforinstagram

A video posted by BABY BRASA (@babybrasa) on

Jammer, Jamie, ons is mal oor jou! Maar Franco mag maar die titel dra.