Rolanda Marais FOTO: Leana Clunies-Ross

Die gewilde SA aktrise Rolanda Marais het vanjaar haar 40ste verjaarsdag gevier. En sy lyk mooier as ooit! Sy het onlangs haar mooilyk-wenke met SARIE gedeel, waar sy verklap het dat sy mal is oor haar natuurlike haarkleur. Ons sien Rolanda gereeld met verskillende haarstyle, maar volgens haar sal sy net haar hare kleur tensy ’n rol dit vereis. 

Nadat sy haar hare blond gekleur het vir Johnny is nie dood nie, het sy gesê “Ek is mal daaroor om te verander vir ’n nuwe karakter. Hoe meer drasties, hoe beter. Dit help my met karakterisering en dis tog so vervelig om in elke reeks en fliek dieselfde te lyk. As akteur moet jy bereid wees om ’n karakter geheel en al te verpersoonlik.”

Sy het ons vroeër vanjaar is ons verras met ’n grys kapsel vir ’n nuwe rol: 

FOTO: Instagram / @rolandamarais

En vanoggend het wéér met ’n nuwe haarstyl gespog – dié keer danksy ’n pruik. 

Sy het verlede jaar haar hare gekleur en baie kort gesny vir haar rol in Die Sneeumeeu, 'n rolprent wat gebasseer is op die toneelstuk van Anton Chekov.

FOTO: Instagram / @rolandamarais

Rolanda met blonde hare in Johnny is nie dood nie:

FOTO: Instagram / @rolandamarais

Sy het ook haar hare rooi gekleur vir haar rol in die gewilde film, Ballade vir ’n enkeling:

FOTO: Instagram / @rolandamarais

Rolanda is nooit bang om met verskillende haarstyle te eksperimenteer nie. Kyk hier na haar kapsels oor die jare:

FOTO: Instagram / @rolandamarais
FOTO: Instagram / @rolandamarais
FOTO: Instagram / @rolandamarais

Rolanda Marais in SARIE (2013)


Rolanda in SARIE (2008)

Watter haarstyl lyk vir jou die mooiste?