Die Slumdog Millionaire-ster se uitrusting het uitgestaan toe sy gisteraand by die première van The Great Gatsby opdaag met die opening van dié jaar se Cannes rolprentfees.

Die ontwerp van die unieke GUCCI-skepping

Sy neem ook deel aan Gucci se wêreldwye veldtog om bewustheid te skep en geld in te samel vir die bemagtiging van meisies en vroue. Dié veldtog, CHIME FOR CHANGE, hou op 1 Junie ’n spesiale konsert by die Twickenham Stadion in Londen, Engeland.

Ons gaan Freida dan weer saam met die gewilde modehuis sien werk wanneer sy dié konsert, The Sound of Change Live, help aanbied.

*Gaan loer gerus op Gucci se webblad!