Lika Berning

FOTO: Lika Berning FOTO: Lika Berning

Hoe bederf jy jou ma (aktrise Jana Cilliers) op Moedersdag?

"Ek is ongelukkig baie ver van my ma af – sy is in Johannesburg en ek is in Plettenbergbaai. Ek was gelukkig verlede naweek by haar saam met my seuntjie, Hugo (3), en toe het ons sommer Moedersdag gevier. Ek het gesê ek sal Sondag aan haar dink, maar ek sal haar definitief ook bel. My sussie, Leán van den Bergh, is darem daar by haar."

Wat beteken jou ma vir jou?

"My ma is ’n ongelooflike vriendin en omtrent die naaste mens aan my. Ek kan enigiets met haar bespreek – van my werk tot my familielewe. Sy is meer as net ’n ma; sy is op alle vlakke vir my ’n vriendin."

Hoekom is Moedersdag spesiaal?

"Dis ’n goeie verskoning vir ’n jolMaar eintlik moet elke Sondag Moedersdag wees. Dis ’n herinnering dat ons spesiaal tyd moet maak om met ons ma's deur te bring."

Bobby van Jaarsveld

Ronel Brink en haar kroos by Bobby en Annatjie se troue - van links is Cara (die jongste), Karlien, Annatjie en Bobby by Ronel FOTO: Facebook Ronel Brink en haar kroos by Bobby en Annatjie se troue - van links is Cara (die jongste), Karlien, Annatjie en Bobby by Ronel
FOTO: Facebook (Pixel Photography)

Hoe bederf jy jou ma op Moedersdag?

"Ek is so swak op sulke dae! Ek is regtig ’n onromantiese mens. Ons gaan vanjaar almal by Karlien se huis kos maak en eet en net al die kinders bietjie onder een dak kry."

Wat beteken jou ma vir jou?

"My ma is van kleins af vir my ’n steunpilaar. Sy het deur alles saam met ons gegaan en dit maak nie saak wat mense van ons sê nie, want sy sal altyd opstaan vir haar kinders. Sy veg altyd vir ons."

Hoekom is Moedersdag spesiaal?

"Ek dink dis ’n goeie kans om ma's te vereer. Mense sê nie maklik hoe hulle voel nie - ek weet dis vir my moeilik. Maar ek kan darem nog in ’n liedjie vir my ma vertel hoe ek voel. Almal het nie daardie kans nie. So ek dink dis ’n goeie dag om jou bietjie uit jou gemaksone te kry en te sê wat jy voel."

Victor Matfield

Victor praat oor sy en Monja se derde dogter

Jaime en Giselle Matfield by pa Victor FOTO: Facebook Jaime en Giselle Matfield by pa Victor
FOTO: Facebook

Hoe bederf jy jou ma, Hettie (én vrou Monja), op Moedersdag?

"Dis moeilik, want Moedersdag val gewoonlik saam met my verjaardag, soos dié jaar nou weer. Dan is dit so tussen my en hulle wat almal mekaar wil bederf! Gewoonlik gaan eet ons almal die oggend saam uit."

Wat beteken sy vir jou?

"Jou ma is seker die mens wat jou wys waaroor gaan liefde. Sy is altyd daar vir my - sy was altyd langs die sportveld, by my akademie, my ma het byna vir my geswot! Sy ondersteun my altyd en sy is die een mens wat altyd - saam met my pa - vir my sal uitwys as iets verkeerd is in my lewe."

Wat maak Moedersdag spesiaal?

"Ek, wat self ’n pa is, sien wat ma's alles opoffer en ek weet net nie hoe hulle dit doen nie. Hulle sal dikwels drie keer deur die nag moet opstaan, maar môre-oggend is hulle reeds weer wakker, besig om kosblikke te pak en dit lyk nie eens of hulle sleg geslaap het nie. Maar as ons mans van tyd tot tyd uithelp, lyk ons aaklig van die moegheid! Ek dink dis great om ’n spesiale dag net vir ma's te hou."

Arno Jordaan

Arno en sy vrou, Lizanie FOTO: Twitter @lizaniepohl Arno en sy vrou, Lizanie
FOTO: Twitter @lizaniepohl

Hoe bederf jy die ma's in jou lewe op Moedersdag?

"Ons is omtrent ’n groot span wat Sondag saamtrek! Daar is omtrent vyf ma's wat hier gaan wees, so dit gaan ’n groot, besige storie wees. Dis Lizanie (Arno se vrou) se eerste Moedersdag en daarom wil mens dit spesiaal maak."

Wat maak jou ma spesiaal?

"Ek dink die feit dat sy al my hele 30 jaar dieselfde gebly het en altyd daar is vir my. As dit goed of sleg gaan, weet jy jou ma is altyd dieselfde en daar vir jou."

Wat maak Moedersdag spesiaal?

"Ma's en vrouens is meer spesiaal as wat hulle dink. Hulle sit die meeste werk en ure in en verdien om bederf te word. Ek dink elke dag moet eintlik moedersdag wees."

Só vier Riana Nel vandag haar moeder

Riana Nel as jong dogter saam met haar ma, Heletjé FOTO: vergunning van Riana Nel Riana Nel as jong dogter saam met haar ma, Heletjé
FOTO: vergunning van Riana Nel

Die sangeres Riana Nel se ma, Heletjé, is al byna twee jaar oorlede. Riana sê sy vier egter steeds haar ma se lewe op Moedersdag.

Daar is egter baie ma's in haar lewe. Riana meen sy is nie net geseën met ’n wonderlike skoonma nie, maar ook nog vele "mammas" in Suid-Afrika wat haar na elke vertoning met boodskappe en drukkies bemoedig. "Daar wag ’n ma in so te sê elke dorp wat my herinner aan my ma se beste raad," wei sy uit.

Riana verduidelik dat dít een van die redes is waarom Suid-Afrika vir haar die lekkerste land is.

"Eg en opreg! Net soos my Mamma!"