Volgens The Daily Mail is dié voormalige paartjie Dinsdag uiteindelik amptelik geskei nadat hulle reeds in Januarie 2012 uitmekaar is. Hulle was vir 7 jaar getroud.

Die model en aanbieder Heidi Klum het in April 2012, twee maande nadat sy en musikant Seal van bed en tafel geskei is, die egskeidingsgeding aanhangig gemaak. Nou berig The Daily Mail dat dit finaal verby is.

Seal en Heidi het 4 kinders saam - twee dogters, Leni (10), wat die biologiese dogter van haar voormalige kêrel Flavio Briatore is, en Lou (4), en hul seuns, Henry (8) en Johan (7).

Maande nadat hul uitmekaar is, het Seal Heidi daarvan beskuldig dat sy hom met haar lyfwag, die Suid-Afrikaner Martin Kirsten, verneuk het. Heidi en Martin het vir 18 maande uitgegaan, en hul verhouding is in Januarie vanjaar beëindig. Buiten dat Seal vir Heidi in die media beskuldig het, was die res van hul egskeiding betreklik sonder drama en moddergooiery. Hulle word gereeld saam afgeneem waar hulle hul kinders op die sportveld ondersteun.

Die 41-jarige model het sedert Februarie 'n nuwe man aan haar sy, die kunshandelaar Vito Schnabel. Maar Heidi het nog nie veel oor dié nuwe liefde in die media gesê nie. Tydens haar nuutste onderhoud op die kletsprogram The Ellen DeGeneres Show het Heidi baie skaam geraak toe Ellen haar oor haar nuwe verhouding uitvra.

Heidi op The Ellen DeGeneres Show

Loading

  Always a fun time visiting @TheEllenShow…even when she dunks me in cold water! It was for a good cause! Check it out today!   View on Instagram

Bron: The Daily Mail, E!Online