Sy het dalk ’n hele rak vol Grammys. Maar vir die Britse sangeres Adele is die Grammy-toekennings nie altyd ’n maklike affêre nie.

Adele is bekend daarvoor dat sy effe op haar senuwees raak voor ’n groot optrede, veral as dit regstreeks uitgesaai word. Verlede jaar by die Grammys het tegniese probleme ingesluip tydens haar optrede, berig Billboard.

Vanjaar het sake seepglad verloop terwyl sy haar treffer "Hello" gesing het. Maar toe sy haar huldeblyk aan George Michael wou opvoer, het dinge wankelrig raak. Sy het die ontslape sanger se treffer "Fast Love" begin sing, maar ’n minuut later skielik opgehou.

Sy het weggedraai van die mikrofoon, maar die gehoor kon hoor hoe sy vloek. "Ek weet dis regstreekse televisie. Ek's jammer maar ek kan nie verlede jaar herhaal nie. Ek's jammer ek het gevloek, ek's jammer ek moes weer begin. Kan ons oor begin? Ek kan nie dit opmors vir hom (George) nie," het ’n tranerige Adele gesoebat.

Met die ondersteuning van die gehoor het Adele haarself reggeruk en ’n gestroopte weergawe van dié treffer gesing.

Kyk die oomblik hier:

Gelukkig vir Adele het die aand op ’n hoogtepunt geëindig toe sy vyf toekennings gewen het.

Lees nou

4 nuusstories vir vandag, 13 Februarie 2017

Kikker jou klerekas op met net een item!

Kate Middleton doen dit weer!