’n Bruid wat haar troue op ’n stywe begroting beplan, het egter soms geen ander keuse as om haar droomrok op te gee nie.

Gelukkig hoef daai perfekte rok nie ’n fortuin te kos nie! Danksy SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste kan jy jou droomrok koop sonder om jou trou-begroting te breek! Hier is tien pragtige rokke beskikbaar teen R10,000 en minder!

Klassiek in kant - R8 500

Trourokontwerper Maggie Sottero se Darcy is ’n elegante, ivoorkleurige rok van chiffon en kant, afgerond met driekwartmoue en ’n dun belt van Swarovski-kristalle.

Meermin in satyn - R8 900

Dié meerminstylrok, ontwerp deur Elbeth Gillis, is ’n dromerige skepping van kant en satyn. Die rok het ook sagte kantmoue en ’n unieke agterkant.

Elegant, sensueel en baie gemaklik - R9 000

Dié rok se silhouette van kant word gekomplimenteer deur ’n korset-styl bolyf. ’n Hofsleep rond die pragtige rok van Bridal Manor af.

Elegant in kant - R6 000

’n Meerminstyl rok van ivoorkleurige chiffon, kant, en sy, oorspronklik gekoop by Bride & Co in die Wes-Kaap.

Bruid in blom - R4 000

Helen Fortaine het hierdie trompet-styl rok met sy sagte sleep ontwerp.

Feëprinses - R10 000

’n Elegante en klassieke balrok ontwerp deur Enzoani bied fyn skouerbandjies wat met knippies verwyder kan word.

Sprokie vir 'n plaasnooi - R10 000

Tydloos en elegant, hierdie rok deur Enzoani is ideaal vir iemand wat hou van eenvoud met net genoeg detail om steeds elegant te wees.

Sneeuprinses - R10 000

Dié elegante rok van Bride & Co beklemtoon al die regte kurwes en het boonop net genoeg glans om jou soos ’n ware prinses te laat voel.

Elegante sprokiesverhaal - R6 000

Met pragtige, lang moue is hierdie naaswit trourok deur Love Me Do, Bridal Couture, perfek vir ’n herfs- óf wintertroue.

Delikaat met lang moue - R5 000

Rika Ferreira se ontwerp bestaan uit ’n bostuk met fyn kralewerk (met die hand aangewerk), delikate kant en krale. Die los romp wat bo-oor die rok gedra word, skep ’n lieflike silhouette vir die bruid.

Is die rok van jou drome op hierdie lys? Klik dan op die skakel, kontak die huidige eienaar en begin vandag nog reëlings tref om jou droomrok aan te pas en te koop! Gaan kyk gerus deur die res van ons troukas vir meer inspirasie. Wie weet? Dalk hang die rok van jou drome ook daar…

*Alle foto's is deur die bruide verskaf; indien jy hierdie foto's geneem het, stuur 'n boodskap aan verkoopmyrok@sarie.com en ons sal jou die nodige