En was ons nie oorweldig deur julle reaksie nie! Dié jaar het 1 136 bruidspare ingeskryf! Hoe kies mens nét 16 finaliste en uiteindelik 'n wenner uit soveel beeldskone paartjies, ongelooflike stories en sprokiestroues?

Dit was 'n moeilike taak om deur al die inskrywings te werk, en hier is ons finaliste. Voorwaar sjiek, stylvol en stralend! Julle almal het ons geïnspireer!

WANNEER EN WAAR WORD DIE WENNER AANGEKONDIG?

Kyk uit vir die wenner van dié wedstryd in die Julie-uitgawe van SARIE, op straat Maandag 13 Junie 2011.

DIE VOLGENDE BRUIDSPAAR VAN DIE JAAR-WEDSTRYD?

Die volgende Bruidspaar van die Jaar-wedstryd sal aangekondig word in die volgende SARIE BRUID wat 31 Augustus op die rakke sal verskyn. Dié van julle wat tussen 1 Februarie 2011 en 28 Februarie 2012 trou sal hiervoor kan inskryf. Meer details hieroor sal in die vlg SARIE BRUID verskyn.

Charles en Madri

De Wet en Jonét

Francois en Carla

Le Roux en Salome

Mauritz en Annali

Tobie en Danelle

Willen en Talita
 

Hein en Mia