Jy's verloof, die ring is aan jou vinger, julle het besluit op 'n troudatum en nou is dit tyd om die dag te begin beplan. Vir party paartjies kan dit oorweldigend wees: Kies jy rose of lelies? 'n Buffet- of aansit-ete? 'n Platejoggie of orkes? Nooi jy 80 gaste of 120? En trou jy op 'n wynlandgoed of op die strand?

FOTO Instagram /@juleshough

Gelukkig is die kuberruim propvol idees. Trou jy in 2018? Hier's 10 trends wat veral gewild gaan wees.

1. Venues met 'n industriële gevoel

Philip Carr, 'n Australiese troukoördineerder, voorspel al hoe meer paartjies gaan in 'n industriële pakhuis of ou skuur trou, berig Daily Mail. 'n Retro-gevoel is hoogmode, so ook om 'n groot vertrek op te deel in byvoorbeeld 'n deel met gemaklike sitplek, 'n koffiekroeg en dansvloer.

FOTO Instagram /@dearestlovephotography

2. Helder kleure

Helderkleurige blomme en dekor gaan beslis gewilde keuses wees, volgens Daily Mail.

FOTO Instagram / @polkadotbride

3. Kleiner troues

Volgens Martha Stewart Weddings gaan nie net die gastelyste korter word nie, maar die bruid se gevolg gaan ook kleiner wees: een hoofstrooimeisie of twee strooimeisies.

FOTO Instagram / @studiosomething

4. Deursigtige markiestent

Al hoe meer paartjies verkies glo om hul bruilof in 'n deursigtige markiestent te hou. Volgens Martha Stewart Weddings is hope glas-elemente en liggies deel van die trend.

FOTO Instagram / @ashtonevents

5. Vlootblou is die nuwe swart

Vir hul groot dag verkies al hoe meer bruidegomme 'n vlootblou pak, berig Wedding Wire.

FOTO Instagram / @blumengardens

6. Unieke kos op die spyskaart

Volgens Wedding Wire gaan interaktiewe kosstasies, soos 'n soesji-kroeg of kaastafel, gewild wees. Mense span ook al hoe meer unieke familieresepte in. Mooi nageregtafels met lollies, mini-poedings en roomys-toebroodjies is ook 'n trend.  

FOTO Instagram / @ryanbrowncatering

7. Rosé!

Dié pienk wyn gaan al hoe meer op troutafels gesien word, sê Daily Mail.

FOTO Instagram / @84wine

8. Vintage-karre

'n Ou kombi of selfs kewertjie raak gewilde troukar-keuses.

FOTO Instagram / @nobablog

9. Totsiens, kolwyntjies

Kolwyntjies swaai nie meer septer op troues nie. Paartjies gee nou eerder geld uit op besonderse troukoeke.

FOTO Instagram / @cupcakes_co

10. Potplante

Die gebruik van potplante eerder as blomrangskikkings neem toe.

FOTO Instagram / @jennyroseinnes

Bronne: Daily Mail, Wedding Wire, Martha Stewart Weddings, NZ Herald