Smaak verskil en elke bruid lyk mooi op haar groot dag.

Maar daar is ’n paar trourokke wat nie net mooi was nie, maar miljoene aanhangers se asems weggeslaan het en in die proses ’n hele nuwe tendens en duisende namaaksels geïnspireer het. 

Hier’s die SARIE.com-span se gunsteling-Hollywood-trourokke sedert 2010 (in geen spesifieke volgorde nie).

Miranda Kerr

Die Australiese model het soos ’n koninklike gelyk in haar Dior-trourok. Dis geen verrassing nie dat haar rok geïnspireer is deur een van die mees ikoniese rokke van alle tye – Grace Kelly s’n!

FOTO: Instagram / @mirandakerr


Amal Clooney

Die menseregteprokureur en vrou van akteur George Clooney sal in ’n sak asemrowend lyk, maar haar Oscar de la Renta-rok het haar stylstatus bevestig. Die rok was adellik sonder om die bruid se kollig te steel.

FOTO: Instagram / @amalfashiontrends


Kim Kardashian

Die selfiekoningin het ’n langmou-trourok deur Givenchy vir haar groot dag gekies, en gou was dit een van die grootste trends op Pinterest.

FOTO: Instagram / @kimkardashian


Anne Hathaway

Die Oscar-wenner se Valentino-skepping was sag, vars en uniek.

FOTO: Instagram / @greatestbridaltrends


Solange Knowles

Die musikant en suster van Beyoncé het verskeie uitrustings op haar troudag gedra, maar die troupak was ikonies. Die troupak is steeds ’n gewilde trend.

FOTO: Instagram / @greatestbridaltrends


Kate Moss 

Die supermodel het ’n skepping deur haar goeie vriend John Galliano gedra. Die rok het die boheemse trourok-trend begin.

FOTO: Instagram / @weddingdress


Olivia Palmero

Die sosiale vlinder en model se Carolina Herrera-skepping was die begin van die tweestuk-tendens en is steeds een van die gewildstes onder Pinterest-bruide.


Julianne Hough

Die deursigtige rok wat die dans-ster na haar trou-onthaal gedra het, was dadelik ’n gunsteling onder Instagrammers. Sy het nie die tendens begin nie, maar wel gewys dat dit smaakvol gedra kan word.


Emmy Rossum

Die aktrise en sangeres se trourok was eenvoudig maar stylvol. Sy het weer eens bewys dat klassieke styl ewig hou.


Kelly Clarkson

Die eerste American Idol-wenner het ’n pragtige kanttrourok gedra vir haar country-troue.