In 2016 het talle Afrikaanse bekendes ewige trou aan mekaar beloof. Sprokiestroues is die land oor gevier saam met vriende en familie. Bruide beeldskoon in die rok van hul drome, die bruidegom wat opgewonde wag. Liefde vasgevang in ’n oomblik. Ons kyk terug en deel foto's van troues wat vanjaar ons harte gesteel het.

1. Aktrise Rolanda Marais en regisseur Jozua Malherbe

Verlief op die lang pad Kaap toe, verloof op ’n koppie in die Karoo, en getroud op ’n snikhete dag in die Overberg. Spontaan en ongekunsteld. Voorste aktrise Rolanda Marais en die bekroonde regisseur Jozua Malherbe sou dit nie anders wou he^ nie. Hy se^ sy sien die we^reld anders; deur haar hart. Sy se^ sy wil oud word saam met hom; hom elke dag leer ken.

Kyk die troufoto's hier.

FOTO Shanna Jones FOTO Shanna Jones

2. Aktrise Andrea Streso en Hoffman van Zyl

Op Ceres, in die hartjie van die Wes-Kaap, het die voormalige 7de Laan-aktrise Andrea Streso met Hoffman van Zyl getrou. Die geleentheid by Olive Rock is deur 100 gaste bygewoon, onder andere twee lede van haar 7de Laan-familie, Hildegardt Whites (Bonita) en Corné Crous (Kim).

Kyk die troufoto's hier.

FOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél Merwé

3. Aktrise Roeline Daneel en Werner Lotz

Roeline Daneel en haar argitek-verloofde, Werner Lotz, het ewige trou aan mekaar beloof voor 120 gaste. Die feestelike bruilof was op Roodezand, ’n vrugteplaas net buite Tulbagh.

Kyk die troufoto's hier.

FOTO: Jenni Elizabeth FOTO: Jenni Elizabeth

4. Springbok Pieter-Steph en Willemien du Toit

Hy was in graad 7 en sy was in graad 8 in die Hoe¨rskool Swartland op Malmesbury toe hulle die eerste keer van mekaar bewus geword het. Destyds was hulle net goeie vriende, tot hulle mekaar in 2012 weer raakgeloop het. Hy het in Durban rugby gespeel en sy was student op Stellenbosch, en die afstand het maar gelol.

Maar hulle was vir mekaar bedoel en in Desember 2014 het hy haar op sy kniee¨ op Hermanus se strand gevra om met hom te trou.

Lees meer hier.

Springbok Pieter-Steph du Toit en sy vrou, Willemien, op hul sprokiesdag. FOTO Wil Punt van Peartree Springbok Pieter-Steph du Toit en sy vrou, Willemien, op hul sprokiesdag.
FOTO Wil Punt van Peartree

5. Springbok Jan Serfontein en Lani Serfontein

Op laerskool was hy al bewus van die langbeen-blondine met haar groenblou oë op die tennisbaan. Maar dit was eers in matriek, ná ’n melkskommel-date met Lani Scholtz, dat die Bok-senter en Blou Bul Jan Serfontein sy skaamheid in die sak gesteek en haar amptelik sy meisie gemaak het.

Kyk die troufoto's hier.

FOTO Kristi Agier FOTO Kristi Agier

6. Aktrise Christel van den Bergh en JP van der Merwe

Vir die afgelope paar maande kuier die Afrikaanse aktrise Christel van den Bergh weeksaande in TV-kykers se huise. In die kykNET-sepie Getroud met Rugby speel sy die rol van die ambisieuse Renate Greeff, wat getroud is met die Stryders-rugbyspeler Simon (David Louw). Maar op 8 Oktober het Christel haar eie sprokiestroue gehou.

Lees meer hier.

FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle FOTO James Strack van A Wedding Lifestyle

7. 7de Laan se Carina Nel en Deon Nagel

7de Laan-kykers ken die pragtige Carina Nel in die rol van jong dr. Alexa Welman. Vanjaar het sy nog ’n rol aangepak, dié van getroude vrou.

Lees meer hier.

SKERMGREEP Fascinaton Pictures SKERMGREEP Fascinaton Pictures

8. Protea-ster Quinton en Sascha de Kock

Op die mooie Mauritius het die Protea-krieketster Quinton de Kock in September met sy meisie van vier jaar, Sasha Hurly, getrou.

Kyk die foto's hier.

FOTO Mightyfine Productions FOTO Mightyfine Productions

9. TV-persoonlikheid Eloise Cupido en Chris Wilkinson

Eloise Cupido het haar ridder op ’n vliegtuig ontmoet. Dié toevallige ontmoeting het gelei tot ’n verhouding, en op 4 Junie vanjaar het hulle die groot stap geneem en ewige trou aan mekaar beloof.

Lees die storie hier.

FOTO Gideon van Zyl FOTO Gideon van Zyl

10. Laudo Liebenberg en Cara Bastiaanse

Met sy diep stem bekoor Laudo Liebenberg sedert 2007 gehore as hoofsanger van aKING. En op 1 Oktober het hy en Cara Bastiaanse voor familie en vriende op Snyderskloof in die Karoo getrou.

Kyk die foto's hier.

FOTO Juan Voges FOTO Juan Voges

11. Aktrise Nadia Beukes en David de Villiers

Een van Suid-Afrika se gunsteling-aktrises, Nadia Beukes, het op 10 September met die projekbestuurder David de Villiers getrou op Wakkerstroom in Mpumalanga.

Kyk die mooi troue hier.

HHF6351-534x800 FOTO Hanri Human

Lees nou

Paartjie neem hul troufoto’s weer – 40 jaar later

Ontwerp self jou unieke trou-skoene

Die gewildste verloofring lyk só