Is dit ’n mopani? vra sy hom met ons ontmoeting vyf dae voor die geleentheid. Nou twyfel hulle. Nietemin, daai boom is gróót. Mooi.

Daar, op die Bordeaux-wildsplaas in Limpopo, het hulle ten aanskoue van 150 gaste hul troubeloftes afgelê. Die datum, 16 Desember, was ’n praktiese besluit. Hy het ’n blaaskans tydens die feestyd van sy rugbyverpligtinge – en daar is kans vir ’n week lange wittebrood in die Maledive. Vroeg Januarie moet hy weer vir die Blitsbokke aantree. Dis ook ’n vakansiedag en in die toekoms sal hulle altyd saam hul troudag-herdenking kan vier.

FOTO Rensche Mari

Een van Kwagga se vyf strooijonkers was Werner Kok, ook in die sewesspan. Zanyika du Preez, Werner se verloofde en een van die vyf strooimeisies, was boonop Kwagga se meisie in graad 4.

FOTO Rensche Mari

En Sumari Redelinghuys, Bok Julian se vrou, hul trou-predikant. Die preek was gebou rondom Prediker 4:9. “Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk. As een mens val, kan sy vriend hom ophelp . . .”

FOTO Instagram / @ilkedehaas

Dié teksvers het vir hulle ’n spesiale betekenis. Hulle het begin uitgaan toe sy in graad 10 en hy in matriek aan die Hoër Tegniese Skool Middelburg was. “Kwagga was onderhoofseun: sport en die leiers moes soggens uit die Bybel voorlees. Die Vrydag voor ek die eerste keer saam met hom plaas toe is, het hy daai teks gekies,” vertel sy. Hy is eintlik romanties, skoor Kwagga.

ILLUSTRASIE M.Studio

En ja, hy moes hard werk voor sy ja gesê het vir die kuiertjie op die plaas net buite Lydenburg, Mpumalanga, sy grootwordplek. Toe reeds, ná daai eerste kuier ses jaar gelede, het hy geweet Ilke is die vrou vir hom.

Eksklusiewe foto’s van die troue en die storie verskyn in die Maart-uitgawe van SARIE, wat vanaf 26 Februarie op die rak is.