Satyn, Hollandse kant, tafsy, charmeuse, chiffon, organza ...
Dis weer tyd vir die jaarlikse Bridal Fashion Week in New York en groot name soos Vera Wang, Oscar de la Renta, Carolina Herrera en Monique Lhuillier het hul mooiste trourokke ten toon gestel.
Trou jy later vanjaar of in 2020? Hier is van die top-ontwerpers se pragtige trourokke vir Lente 2020.
Oscar de la Renta
Carolina Herrera
Vera Wang
Monique Lhuillier
Wenke vir bruide:
Die ontwerper Sune Snyman, wat aktrise Simoné Nortmann se trourok gemaak het, deel vyf wenke vir bruide.
1. Wees ’n bietjie rebels en kies kralewerk wat met die hand in ’n interessante motief gewerk is, eerder as gewone gekoopte kant.
2. Gestreepte wit materiaal wat in verskillende rigtings gesny word, kan ’n groot visuele impak hê. Selfs sagte wit kolle op wit materiaal kan baie funky, maar steeds statig lyk.
3. Pasop vir spierwit. Daar is ’n groot verskeidenheid wit skakerings – van ivoor en room tot blouwit en melkwit, om net ’n paar te noem. Jou gelaat gaan nie by alles ten beste vertoon nie.
4. Oorweeg ’n hoed of haarstuk in plaas van ’n sluier. In die somer kan ’n strooihoed hom byvoorbeeld tot fantastiese foto’s leen.
5. Oorweeg twee rokke, een vir die seremonie en ’n korter een vir die onthaal. Dit gee jou die kans om twee van jou top-style op jou troudag te dra.
Simoné se pragtige Bosveld-troue verskyn eksklusief in SARIE se April 2018-uitgawe (nou te koop!).
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET