FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth

Kop in die wolke – letterlik en figuurlik. Want ná sewe jaar saam is hulle steeds dol oor mekaar. “Ek is só opgewonde,” het Cintaine oor en oor voor die groot dag herhaal.

“Kaapstad is ons stad en ons is liéf vir die plek,” sê sy. “Hiér het ons ontmoet, lief vir mekaar geraak en saam ons lewe gebou. Dis boonop een van die mooiste plekke in die wêreld. Ek en Carel is stadsmense, love die vibe, die gons daarvan.”

Vanaf Nasdak, op die 26ste verdieping van die Media24-sentrum waar die troue gehou is, kan jy boonop oos, wes, noord en suid die Moederstad in al haar glorie waarneem. En fotograaf Jenni Elizabeth kon “koel” stadsfoto’s neem.

Die troue was minimalisties en modern, om by die stadstema te pas; maar Tafelberg op die agtergrond het ook vir ’n aardse element gesorg.

FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth

Cintaine se rok, ’n kombinasie van materiale soos chiffon en tulle en afgerond met guipure-kant, is in ’n sagte A-lyn gesny. “Ek het eers die week voor die troue besluit om nie ’n sluier te dra nie. Die eerste ding wat Carel moes sien wanneer ek hom tegemoet stap, was my glimlag wat van oor tot oor strek. Ek wou hom vol in die oë kyk.” Haar donker hare is in ’n poniestert vasgebind om die rug se besonderse lyn en kralewerk te beklemtoon.

Cintaine se pa, Bernhard, het haar in ’n rolstoel begelei. Hy wou vooraf weet of haar ma, Hesté, dit nie liefs moes doen nie. “Wát! Ek klim op daai karretjie, of staan agterop as dit nodig is. Ek gaan met jou dans!” was haar spontane antwoord.

Dit was ’n belangrike vereiste dat haar en Carel se mooiste dag ook ’n “vet party” moes wees. Die 130 gaste het tot uit Londen (Carel se suster, Nanda Hall) en Viëtnam (Lindi Nieuwoudt, ’n strooimeisie) gekom. Carel se familie is Bloemfonteiners en Cintiane s’n kom van Gauteng.

FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth

Op die gastelys was die room van ons plaaslike akteurs, onder wie Sandra Prinsloo, Rolanda Marais, Albert Pretorius, De Klerk Oelofse (die seremoniemeester), Roeline Daneel (’n strooimeisie), Milan Murray, Antoinette Louw, Neels van Jaarsveld, Nadia Valvekens, Jacques Bessenger, Christiaan Olwagen, Brendon Daniels, Andre Odendaal en Albert Maritz.

Pedro Kruger was “trou-konsultant” en het hulle met raad en daad bygestaan. SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, het vir die feesmaal gesorg. “Omdat ons nie oorspronklik van Kaapstad afkomstig is nie, is ons vriende soos familie,” sê Cintaine.

* SARIE wys hul troufoto’s eksklusief in ons Januarie 2020-uitgawe.

Verskaffers
Trourok - Janita Toerien, 073 663 7624, www.janitatoerien.co.za
Bruid/ma van bruid grimering/hare - Mari Conradie van Mooistemooi, 072 374 7496, www.mariconradie.com
Strooimeisies grimering en hare, blommemeisie hare - Eranè Hobbs van Parlor Hair and Make-Up, 021 1100 471, www.parlorhair.co.za
Bruidegom- en strooijonker-pakke - The Tux Tailor www.thetuxtailor.com in samewerking met Lena Lisa Designer, info@lenalisa.com, www.lenalisa.com 
Stroomeisies se rokke - Lena Lisa Designer, info@lenalisa.com, www.lenalisa.com
Blomme en ruiker - Ilsé Louw van Blomstories, 082 0959 222, www.blomstories.co.za
Proteas - Renate Kirsten van Eureka, 082 339 9831, www.kirstengroup.co.za
Dekor en meubels - XL Events, 021 556 8687, www.xlevents.co.za
Fotograaf Jenni Elizabeth - 066 228 8525, www.jennielizabeth.com
Bruidspaar en gevolg trek aan; bruidspaar slaap oor - Gorgeous George-hotel, 087 898 6000, www.gorgeousgeorge.co.za
Witwyn en sjampanje - Van Loveren Family Vineyards, 023 615 1505, www.vanloveren.co.za
Rooiwyn en rosé - Hermanuspietersfontein, 028 316 1875, www.hpf1855.com
Verloofring en troupante - Daneel Diamond Manufacturers, 021 887 1108, www.daneeldiamonds.co.za
Videograaf - Epitome, 083 279 3194, www.thisisepitome.com
Beligting - Multi-media Event Trading, 021 001 8863, www.multi-media.co.za
Instax-foto’s: @Instaxsa, #Instaxsa, 011 430 5400, www.instaxsa.co.za