Geen sepietroue met ’n Hilda-troukoek nie! Diaan Lawrenson se troue met Jody Abrahams was stylvol en klassiek. Ons gesels met Cindy du Toit van The Bloom Room wat die blomme by dié pragtroue moontlik gemaak het.

Cindy was saam met Karla Oetler van Absolute Collection en Eloise Rossouw van Trendy Settings verantwoordelik vir die dekor op Diaan se groot dag. Cindy het al die blomrangskikkings en ruikers gedoen.

FOTO'S: Dennis du Plooy en Phyllis Green Diaan se ruiker het onder meer ivoorkleurige vendela-rose en dofpienk sweet avalanche-rose gehad. Jody se skouerruiker was 'n woestynrosie met 'n takkie slangbos. FOTO'S: Dennis du Plooy en Phyllis Green

FOTO: Karla Oetler Die blomme by Diaan en Jody se troue. Die onthaal was by 44 Stanley Beer Yard in Auckland Park, Johannesburg.
FOTO: Karla Oetler

Diaan se blomme het ’n vintage gevoel gehad en was roomkleurig, wit en dofpienk met natuurlike groen loof.

FOTO: Karla Oetler FOTO: Karla Oetler

FOTO: Karla Oetler FOTO: Karla Oetler

FOTO: Karla Oetler FOTO: Karla Oetler

Olivia met haar fraaie kransie van fipskruid (Gypsophila) FOTO'S: Dennis du Plooy en Phyllis Green Olivia met haar fraaie kransie van gipskruid (Gypsophila).
FOTO'S: Dennis du Plooy en Phyllis Green

Gebruik dié blomme om ’n vintage gevoel te skep

Cindy het dié blomme gebruik omdat dit ’n sagte, los en natuurlike voorkoms het.

  • Rose

  • Gipskruid (Gypsophila of baby's breath)

  • Bloekomblare (Penny gum)

  • Tjienkerientjee (Ornithogalum of chinks of star-of-Bethlehem)

  • Geraltonbos (Chamelaucium of wax flowers)

  • Lisianthus (Eustoma)

Nóg troutrends

Cindy meen dat goud die nuwe swart is. Ombré is ook ’n groot trend op die kleurpalet.

Vir blomme is rose steeds groot nuus, maar al hoe meer krismisrose (hydrangeas) en pinksterrose (peonies) word vir troues gebruik.

Cindy bly kreatief deur op hoogte van die nuwe trends te bly en op webtuistes, blogs en in tydskrifte rond te blaai. Sy sê dit help die bloemis baie as bruide na vergaderings kom met ’n idee wat hulle wil hê, al is dit net baie pins, foto's of inspirasieborde.

As ruikers kies die meeste bruide klein handruikers (posy) of 'n waterval-styl, maar Cindy meen dat ruikers nie noodwendig by die trends moet aansluit nie, maar eerder by jou rok moet pas. Sy beveel aan dat as jou rok baie besig is, jy eerder ’n eenvoudige posy-ruiker kies en vir ’n simplistiese rok kan jou ruiker meer drama verleen. Diaan het ’n waterval-ruiker gekies vir haar groot dag.

Van Cindy se ruikers

6

7

5Alle foto's verskaf deur Cindy du Toit Cindy se wenk: Moenie oop kerse in ’n area of vertrek sit waar daar ’n trek is nie. Gebruik eerder kerse in glasies om te verseker dat die kerse heelnag brand en nie was mors nie. Kontak Cindy by The Bloom Room by 072 240 6044 of cindy@thebloomroom.co.za