’n Nuwe jaar bring nuwe tendense en dít is ook in trourok-style te sien. Hier is die troublog Chic Vintage Brides se voorspelling vir vanjaar se trourokke.

[Hierdie is deel 2 van dié artikel, klik HIER vir deel 1]

Trend 6: Blinker-detail

Dis vir bruide wat iets anders met hul trourok wil doen. Dié detail kan vinnig oorweldigend raak, gebruik dit dus net vir aksente.

FOTO: M Couture by Mercedes-Benz Afrika Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) FOTO: M Couture by die Mercedes-Benz Afrika Modeweek. (SDR Photo / Simon Deiner)

Trend 7: Die meermin

Dié rokke sit styf en klok dan uit - vanjaar van net onder die heupe. Die klassieke silhoeët kry ’n moderne kinkel met rokke wat baie wyd uitklok of met moderne afwerkings om die neklyn.

FOTO: Vesselina Pentcheva by SA Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) Vesselina Pentcheva by SA Modeweek FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Trend 8: Mantels, bolero's en poncho's

Hierdie is beslis een van die groot tendense vir 2014. (Kyk net hoe mooi het Lupita en Amy Adams by vanjaar se Golden Globes gelyk.) Of dit ’n fyn bolero van kant en krale is of ’n lang gedrapeerde mantel, dié tendens is nie net baie mooi nie, maar hou jou ook warm. 

FOTO: Gavin Rajah by Mercedes- Benz Afrika Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) Gavin Rajah by die Mercedes-Benz Afrika Modeweek. FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Trend 9: Sakke

Sakke in rokke is een van die min tendense wat as straatmode trourokke getref het. Dit lyk egter baie sjiek as dit reg gedra word. Dit is ook baie prakties en jy kan die weggesteekte sakke vir jou lipstiffie of ’n snesie gebruik.

FOTO: Barbara Casasola by Londen Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) Barbara Casasola by die Londense Modeweek. FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Trend 10: Pragtige rûe

Dit is seker die grootste tendens vanjaar. En met goeie rede - vir ’n groot gedeelte van die seremonie staan die bruid met haar rug na die gaste toe. Vleiende rug-detail sluit in uitsny-detail, materiaal wat sag drapeer (foto onder, links), kant of krale.

FOTO: Daks by Londen Modeweek (SDR Photo / Simon Deiner) Daks by die Londense Modeweek. FOTO: SDR Photo / Simon Deiner

Kyk deur ons galery vir nog foto's van dié trends

KLIK HIER VIR DEEL 1 VAN DIE ARTIKEL