Vandag is 'n spesiale dag in die gewilde Afrikaanse sangeres en manlief Glynn Moolman se lewe: Hulle vier hul derde huweliksherdenking! Boonop is sy swanger met hul tweede kind, 'n seuntjie. 

Die paartjie is drie jaar gelede op die Weskus-dorpie Paternoster getroud.

"Mag daar nog baie jare saam vir ons gespaar word, my engel. Dankie vir die wonderlike man wat jy vir my is. Jy doen altyd jou bes," het Andriëtte op Instagram geskryf.

Kyk net die pragtige troufoto's wat sy destyds op haar Facebook-blad gedeel het:

FOTO Nelis Engelbrecht Photography
FOTO Nelis Engelbrecht Photography
FOTO Nelis Engelbrecht Photography
FOTO Nelis Engelbrecht Photography

En kyk die video: