Op 14 Januarie het radio-omroeper Mishka Patel na haar geliefde aangestap gekom met Christina Perri se “A Thousand Years” wat speel. Op dié dag, ’n Dinsdag, het sy omring deur 55 gaste ewige trou aan Donovan Loesch beloof.

FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton

Die troue is by die Vredenburg-herehuis op Stellenbosch gehou. “Ons het besluit om ons troue baie intiem te hou. Min mense het dit verwag,” het Mishka aan SARIE.com vertel. “Dis letterlik ’n groep mense wat ’n positiewe en belangrike rol in ons lewe speel.”

Van die bekende gaste op die troue was Heinrich Gabler, Mnr. Suid-Afrika, die aktrise Nicole Bessick en Lunga Tshuka, komediant.

Mishka se ma, wat in 2015 haar stryd teen kanker verloor het, is ook geëer. “Daar is spesiaal ’n hoekie vir my ma gemaak, met ’n tafel waarop ’n skets van haar verskyn.”

Die paartjie se liefdesverhaal kan omtrent uit ’n romcom kom.

FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton

Hulle het mekaar net ses dae geken toe Donovan vir Mishka op sy knieë vra om sy meisie te wees. “Hy het gesê hy weet hy kan my gelukkig maak, hy weet ons gaan trou. 

“Hy was so oortuigend en opreg, dat iets vir my gesê het om die man net ’n kans te gee,” het Mishka vroeër aan SARIE.com vertel.

Agt jaar later is hulle steeds smoorverlief. 

“Donovan het my weer aan liefde laat glo. Ek het nie gedink sulke liefde bestaan nie. Maar ná al die jare het ek steeds vlinders op my maag wanneer ek hom sien. Hy is so goed vir my.”

FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton

Die paartjie het die dansbaan geopen met Michael Bolton se “Said I Love You ... But I Lied”.

“Ek dink nie ek het al van ’n paartjie gehoor wat op hierdie liedjie dans nie. Maar dis Donovan se lied vir my.”

Mishka-hulle het nog altyd daarvan gehou om dinge anders te doen. “Niks is konvensioneel nie. Ons trou op ’n Dinsdag!” lag sy. “En daar was geen DJ nie, net ’n jukebox.”

Kyk die troufoto’s:

FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton
FOTO Samantha Clifton

Verskafferslys:

Fotograaf: Samantha Clifton

Venue: Vredenburg Manor House

Blomme: The Flower Girl

Yes! Exclusive Flowers het Tambuzi-rose verskaf

Trourokke en rokke van bruidsmeisies:  Cathrine’s Bridal Couture

TroupakThe TUX Tailor

Geskenkies vir die gevolg:  One Boutique

Hare en grimering: Merlize

Troukoek: Bakelicious

Roomys: Las Paletas 

Koffie: JEM Coffee

Koffiekuns: Bean Writer

Sjampanje/witwyn/rooiwyn: Deetlefs

Gin: Roku Gin

Trouringe: Marios Jewellers

Gasteboek: Instax 

Trougeskenke: Succulent Oasis   

Skryfbehoeftes: Fleur Design

Vermaak:  Gheta Bailey