LEES OOK: Jou hare en grimering vir jou troue

Amalia Uys, 'n grimeerkunstenaar en SARIE-skoonheidspan deel wenke, idees en meer om op jou mooiste te lyk op jou troudag. Lees die volledige storie hier.

ONS ONTHOU, EEN JAAR LATER:

Met haar melkwit vel, bloedrooi hare en kristalkroon het die Afrikaanse aktrise Amalia Uys soos 'n ysprinses gelyk. Die beeldskone bruid is op Saterdag 9 Desember 2017 in 'n populierbos buite Robertson getroud.

Voor 150 gaste het Amalia en haar geliefde, Shaun Golding, onder die bome van die Pat Busch Mountain Reserve ewige trou aan mekaar beloof.

"Ons was omring deur die mense wat ons liefhet en kon nie vir 'n beter, mooier en meer geseënde troue gevra het nie! Alles was prentjiemooi en amper onwerklik," het Amalia aan SARIE.com gesê.

"Ek voel so dankbaar en nederig om so geseënd te wees. Ons het 'n rykdom van amazing familie en vriende in ons lewe."

Shaun, 'n watertegnoloog, se asem is weggeslaan toe hy Amalia in haar Janita Toerien-skepping sien. "Sy is my soul mate en ek is mal daaroor dat ek vir die volgende 80 jaar elke oggend langs daai bos rooi hare gaan wakker word!" het hy vroeër vanjaar aan Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, gesê.

FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human

En Amalia?

"Ek het met die mooiste en spesiaalste man in die hele wêreld getrou!"

Die hele naweek was 'n bruiloffees, verklap Amalia. Vrydag het begin met hul "Secret Sunrise (Sunset)" en potjiekos onder die bome, die volgende dag is makietie gehou en Sondag was 'n ontbyt by Bon Courage, 'n wynplaas in die omgewing.

Hanri Human was die fotograaf.

"Wat die troue so besonders gemaak het, is die feit dat die bruid en bruidegom se styl en persoonlikheid gesien kon word. Die troue was 'n smaakvolle kombinasie van boheemse chic en safari met 'n tikkie high fashion daarby. Elke element was prentjiemooi en reg uit 'n storieboek," het Hanri gesê.

FOTO: Hanri Human

En die wittebrood?

"Ons is vandag op pad na ons 'minimoon' vir 'n paar dae. Dis 'n verrassing vir my!"

Hier's nog foto's van hul groot dag:

FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human

FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human
FOTO: Hanri Human

Verskaffers:

Venue: Pat Busch Mountain Reserve, Robertson

Fotograaf: Hanri Human

Grimering: Suna Robberts

Hare: Claudia Hamman

Trourok: Janita Toerien

Troupak: Frank Bespoke

Strooimeisies se rokke: Marique Yssel

Troubeplanner: IDo4You