Haar kinderdroom is bewaarheid.

’n Troue in die “feetjiebos” op die familieplaas ?en ’n onthaal in die ou melkskuur. Vir Heléne Steinberg en ?haar bruidegom, Marius Coetzer, van Pretoria het alles ?“net reg” gevoel.

“Ek is in my hart ’n kaalvoet-plaasmeisie. Die bos was so skoon en die wind was in my hare .?.?. En by my hartsmense en niemand wat liewer vir my kan wees as Marius nie.”

Die twee het hard gewerk en al hul verlof gebruik om self die 200 jaar oue melkstal betyds vir die troue te omskep.

Almal was betower deur die roomkleurige vintage-skepping deur haar Pretoriase vriendin en ontwerper Julia Edge.

Die troue is deur 200 gaste bygewoon op haar ouers se gasteplaas Florence naby Chrissiesmeer in Mpumalanga. Die dag was ekstra spesiaal omdat hulle die eerste paartjie was wat by die nuwe Venue @ Florence Farm getrou het.

Die werklikheid was nóg beter as haar drome.  

“En dís ook my definisie van liefde wat werk!”

Heléne en Marius wen:

’n Luukse wegbreek, vliegkaartjies, juweliersware, parfuum, horlosies en huisware met ’n gesamentlike
waarde van sowat R44 000.

FOTO'S: SPLENDID PRODUCTIONS

Die gasteplaas, Florence, naby Chrissiesmeer in MpumalangaSy het wighakke gedra – ook Kate Middleton se gunsteling-skoenstyl

Klein bekers word deel van die dekorDie lang tafel

Heléne se pragtige haarstyl

"Ek is in my hart 'n kaalvoet-plaasmeisie"

'n Enkele roos 'n wenner!Die blomdetail en Coke-botteltjies met strokies

Prettige 'vintage'

Stewels en chiffon – 'n treffende kombinasie

Die prag lê in die eenvoud

Die 'vintage' detail van haar rok deur vriendin en ontwerper Julia Edge

En die groot belofte is gemaak!

Vintage tasse 'n mooi fokuspunt

Stralend van geluk

'n Wenpaartjie!

"Niemand kan liewer vir my wees as Marius nie."

Die mooi rugdetail

Hulle sien uit na die saamwees wat kom