Uiteindelik het prins Harry sy droomvrou gevind. Die rooikop prins het vroeër die maand stil-stil aan die Amerikaanse aktrise Meghan Markle verloof geraak, berig BBC. Kensington-paleis het dit egter eers vandag aangekondig.

Die gelukkige paartjie het ook amptelike foto's in die tuine van dié paleis geneem. Toe 'n verslaggewer vir prins Harry vra op watter oomblik het hy geweet Megan was die een het hy net geantwoord: "Van die eerste oomblik af."

FOTO Instagram / instylemagazine
FOTO Instagram / @hola

Meghan se verloofring bestaan uit drie diamante wat aan die ontslape prinses Diana behoort het. Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se verloofring het ook aan prinses Diana behoort.

Kyk net die mooi ring:

FOTO Instagram / @instylemagazine