Sy was aan George Clooney se sy vir byna twee jaar, en dit het haar in die media-kollig geplaas. Maar minder as ’n jaar nadat haar en George se paadjies geskei het, het die Amerikaanse aktrise en beroepstoeier Stacy Keibler haar trouman gevind.

Die 34-jarige Stacy en Jared Pobre (29) het die afgelope naweek in Mexiko getrou. Die paartjie ken mekaar al 5 jaar, maar het eers onlangs begin uitgaan.

Die paartjie het volgens People teen sonsonder op die strand getrou. Haar pragtige rok is deur die Monique Lhuillier gemaak. Dié ontwerper het ook ander bekendes soos Avril Lavigne en Reese Witherspoon se trourokke gemaak.

FOTO:  People  FOTO: People

Ons is mal oor die lae rug van haar trourok. Een van die groot trourok-trends van die jaar is die besondere mooi ruglyn. Kyk hier na die top-10 trourok-trends van 2014.

Die skinderblaaie beweer Stacy het so vinnig getrou omdat sy swanger is. Maar dié gerug is nog nie bevestig nie.

BRON: People

Hoe kry Stacy haar vietse lyf? Lees HIER

Só het Stacy en George gelyk toe hulle nog ’n paartjie was

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

George se vorige meisies

  • Dedee Pfeiffer, Michelle Pfeiffer se suster
  • Kelly Preston, John Travolta se vrou, en George het in 1988 uitgegaan
  • Talia Balsam (getroud in 1989, maar is sowat 3 jaar later geskei)
  • Die aktrise Kimberly Russell
  • Die Sweedse supermodel Vendela Kirsebom
  • Die model en aktrise Karen Duffy
  • Celine Balitran – hy het haar ontmoet in Parys terwyl sy nog ’n student was en ’n paar maande later het sy by hom in Los Angeles ingetrek.
  • Die aktrise Traylor Howard
  • Die Britse aanbieder Mariella Frostrup
  • Die Charlie’s Angels-aktrise Lucy Liu
  • Days of Our Lives-ster Krista Allen
  • Die model Lisa Snowdon
  • ’n Kort verhouding met Renée Zellweger
  • Die kelnerin Sara Larson
  • Die Italiaanse model Elisabetta Canalis
  • Stacy Keibler, ’n voormalige beroepstoeier