Die kykNET eNuus-leser Daniëlla du Plooy en haar Cornél van Heerden het vroeër vanjaar in die Klipkerk in Heidelberg, Gauteng getrou. Hier van hulle pragtige troufoto's.

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Wat sê Daniëlla:  "Ek wou nie ’n tipiese 'venue'-troue hê nie en het alles rondom dié pragtige dorpie met sy Victoriaanse geboue pasgemaak. En die onthaal? Sommer in die plaaslike skoolsaal!

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Heidelberg Volkskool is ’n lieflike ou skool met pragtige geboue en was vir my mooier as enige venue. Saam met ’n plaaslike spysenier op die dorp het ek en my bruidsmeisies self die tafels gedek, net soos ons dit wou hê.

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Ons het in die historiese De Rust Gastehuis (’n nasionale monument) gebly en die bruidegom en sy gevolg in die Victoriaanse De Rust Gastehuis.

Ons "troukar" was ’n bloedrooi Tuk-Tuk wat ons in Melville gehuur het - die bruidegom het dit ewe kordaat sommer self bestuur en ons het lekker rondgerits.

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

My trourok is van meet af binne ’n week voltooi deur Madga Grové.

Die tema was "Harte&Diamante" - Ons het deurgaans gewerk met die rooi kaarte in ’n pak.

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Ons het kaarte pleks van gewone tafelsnommers gehad en ook vlaggies met speelkaarte gemaak. Ek't ook die mans se knoop-ruikers gemaak deur groot kaarte as windmeultjies te vou.

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Die troue se kleurpalet was papawer-rooi, ligpienk en sprankelgoud."

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

FOTO:  PICTURE ME & U FOTO: PICTURE ME & U

Alle foto's deur PICTURE ME & U

Deel jou mooi troufoto's met ons! Stuur 5 van julle gunsteling-foto's na sariebuid@sarie.com vir oorweging vir ons splinternuwe webtuiste met trou-inspirasie.