Vir die blondekop-losskakel van die Blou Bulle Tian Schoeman was sy troudag onvergeetlik en emosioneel.

Hy en Melissa du Toit, ’n vryskut-grimeerkunstenaar, het op 19 Desember verlede jaar trou aan mekaar gesweer. Die paartjie is by Oakfield Farm net buite Johannesburg getroud.

Tian vertel hoe mooi sy bruid vir hom was. “Melissa was die mooiste bruid en ek is so dankbaar ons is saam. Toe ek haar daardie dag die eerste keer gesien het waar ek op haar gewag het, toe sy in die paadjie aangeloop kom, was dit vir my ’n onbeskryflike gevoel. Ek was werklik bly en opgewonde, maar om die een of ander rede het trane my oorval. Ek kon net nie ophou dink oor hoe gelukkig ek is dat ek en Melissa ons lewe saam begin nie.”

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography

Maar wat het Melissa van haar bruidegom gedink? “My hart het oorstroom van geluk toe ek instap en hom sien. My hart wou bars van trots, want ek het geweet dit is my man wat die Here vir my gestuur het.”

Die twee ken mekaar reeds drie jaar, waarvan hulle elf maande en twee weke verloof was.

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography

Hoewel hulle nie ’n spesifieke tema gehad nie, was die troue ’n elegante geleentheid met ’n vintage-gevoel. Die dekor was in subtiele pastelkleure, wit en grys.

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography

Melissa se rok is gemaak deur die Spaanse trourok-ontwerper Pronovias van De La Vida Bridal Couture in Barcelona.

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography Haar pragtige ruiker van koningproteas, rose en krismisrose is deur Erna Swart van Magnifique Floral Art. FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography Die 122 gaste het ’n trio van Banting-geregte vir voorgereg geniet, waarop hoenderborsies met feta-en-spek, bobotie en stadig geroosterde skaapboud gevolg het. Nagereg was sjokolademousse, crème brûlée en vrugte.

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography

Die troukoek van nege lae het bestaan uit verskillende kaassoorte, waaronder brie, cheddar en camembert. Dis bedien met ’n verskeidenheid konfyte, vrugte en beskuitjies.

FOTO Ulandi Sanders Photography FOTO Ulandi Sanders Photography

Mias van Wyk en Frik Schoeman het die egpaar gehelp om hul groot dag te koördineer en te sorg dat alles seepglad verloop.

Tian en Melissa het hul wittebrood op die strand in Zanzibar gaan hou.

Blaai deur die galery vir nóg foto's

Lees nou

Kyk Nadia en David se troufoto’s HIER!

TROUFOTO’S: Aktrise Roeline Daneel

6 Grace Kelly-troufoto’s ontdek!