Prinses Beatrice van York en België se koning Philippe en koningin Mathilde was maar net 'n paar van die koninklike gaste wat dié pragtroue bygewoon het, berig Hello!.

Amedeo, wie se oom koning Philippe van België is, het getrou met sy Italiaanse meisie van die afgelope 7 jaar, Elisabetta, in die Santa Maria Maggiore Basilica in Rome.

Elisabetta, oftewel Lili onder haar vriende, het ’n asemrowende Valentino-skepping gedra wat spesiaal vir haar gemaak is. Hier is die oorspronklike skets van haar ontwerpersrok:

Kyk HIER na nóg foto's van haar rok Die paartjie het in Februarie verloof geraak. Amedeo het ekonomie studeer en werk in New York as ’n finansiële ontleder. Lili is ’n joernalis - ook in New York.

Lili se sluier

Dié joernalis se rok was pragtig, maar dit is haar sluier wat die aandag getrek het. Haar lang sluier, ook deur Valentino, het unieke couture-details gehad en was 5 meter lank. Dit was van point d’esprit-kant (kant met patroon in) en is met Chantilly-kant afgewerk.

Die lang sluier is ’n koninklike tradisie, en vroeër vanjaar het Steve se Janine vir hul troudag ook ’n lang sluier gekies vir haar sprokiesagtige voorkoms.

FOTO: custophoto.com FOTO: custophoto.com

Diaan Lawrenson se Spaans-geïnspireerde mantilla-sluier was ook met kant-detail afgewerk soos Lili s'n.

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Bron: Hello!

Nóg in SARIE.com se Bruid-afdeling