Op die mooie Mauritius het die Protea-krieketster Quinton de Kock verlede maand met sy meisie van vier jaar, Sasha Hurly, getrou. 

Sasha & Quinton_Ceremony-21 FOTO Mightyfine Productions

Quinton en Sasha het voor vriende en familie op dié tropiese eiland getrou. Ander Proteas soos AB de Villiers, JP Duminy, Chris Morris, Dale Steyn en Dave Miller was ook deel van dié bruilofvieringe. Sasha & Quinton_Ceremony 2-2 FOTO Mightyfine Productions

Anel Botha het Sasha se rok ontwerp, en Quinton en sy strooijonkers was in Polo-pakke geklee. Die enigste blomme op die troue was die bruidsruiker van wit rose en krytblomme (gypsophila). Die strooimeisies se ruikers het net uit krytblomme bestaan. Sasha & Quinton_Couple Shoot-17 FOTO Mightyfine Productions

Ná een dag se wittebrood op die eiland moes die twee terugkom huis toe, want Quinton moes weer in ’n krieketreeks speel.

In 'n kort onderhoud vertel Sasha van hul groot dag by die pragtige Le Victoria-hotel op Mauritius. Sasha & Quinton_Venue-4 FOTO Mightyfine Productions

Waar het julle ontmoet?

Tegnies op Facebook. Ek was ’n danser vir die Champions League wat Suid-Afrika in 2012 aangebied het. Ek het toe vir Quinton 'n boodskap op Facebook gestuur om hom geluk te wens met 'n goeie wedstryd en die res is geskiedenis. Ons het dadelik 'n konneksie gehad. Die oomblik toe ek hom sien, het ek geweet hy is my trouman. Sasha & Quinton_Couple Shoot-28 FOTO Mightyfine Productions

Hoe lank is daar beplan aan jul troue?

Ons het nie beplan om in Mauritius te trou nie. Ons wou oorspronklik eers Desember vanjaar in Knysna getrou het. Toe besluit ons in Januarie om op Mauritius te trou. Dit was ’n bestemmingstroue en die meeste beplanning eers sowat twee maande voor die tyd gebeur. Sasha & Quinton_Couple Shoot-17 FOTO Mightyfine Productions

Was Quinton betrokke by die beplanning?

Nee, glad nie. Quinton was net betrokke by die beplanning van sy ramparty. Ek moet egter bysê, hy het daarop aangedring dat ek my strooimeisie se rokke moet verander toe dit opdaag, want hy het geweier het om in te pas by die salmpienk kleurskakering wat ek gekies het. Ek moes toe die rokke laat oormaak, maar ek is agterna bly oor die besluit.  Sasha & Quinton_Couple Shoot-19 FOTO Mightyfine Productions

Vertel ons van die rok wat Anel Botha vir jou ontwerp het.

Ek is steeds verlief op my rok. Ek het al die elemente waarvan ek in ander rokke hou, gekombineer. Ek wou ’n strandgevoel hê, maar steeds die gevoel van 'n trourok met 'n sexy element. Ongelukkig het die foto’s nie my rok tot sy reg laat kom nie. Gelukkig het dit steeds wonderlik uitgewerk, al die blinkers het my soos 'n prinses laat voel. Die rok het ook geen belyning gehad nie en was vreeslik lig - ek kon gemaklik beweeg en heelaand dans.

Sasha & Quinton_Bride Prep-20 FOTO Mightyfine Productions

Sasha & Quinton_Bride Prep-30 FOTO Mightyfine Productions

Sasha & Quinton_Couple Shoot-36 FOTO Mightyfine Productions

Kyk nog foto's hier:

Lees nou

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

Een Protea getroud en ander verloof!

Bekende ‘photobomb’ paartjie op troudag!